Tuesday, October 11, 2011

Dag 2 - 8 Oktober vervolg

Toe ons uiteindeik ons oe oopmaak in 'n Alaska-tydzone Saterdag, was ons verstom. Die uitsig van ons hotel is regtig mooi. Orals is berge met sneeu rondom ons. My kamer het 2 vensters met 'n baie mooi uitsig, ons is op die agste vloer.

Remzi-hulle het 'n kar gehuur en ons is toe die middag saam met hulle Portage Glacier toe. Die rit soontoe was regtig ongelooflik. Die berge vol sneeu, die mere, die bome met hul laaste herfsblare, dit lyk asof mens in 'n almanak ingestap het.

Ongelukkig is alles reeds toe na die toeristeseisoen hier in Alaska. Teen 15 September hou die toere op en die bootritte stop. Gewoonlik kan mens oor die meer na die gletser toe ry in 'n boot, maar dit is toe reeds toe. Ons het toe maar net iets geeet en van 'n afstand af die gletser beloer. Ons het duisende fotos uit die karvensters uit geneem, maar daar is regtig nie 'n manier dat so 'n foto regtig die mooi kan vasvang nie. Ons is so bevoorreg!

Terug by die hotel was ons tasse darem daar.  Dankie, dankie tog. Mens het darem dan skoon klere en handeroom, mens se laaiers en pajamas. Ons het toe maar dadelik ingeboek en begin werk.

Die aand het ons vir Oom John Zachman by die hotel gekry en bietjie vergader oor ons werkswinkel wat Sondag 8:30 afgeskop het. Oom John is een van die ongelooflikste mense wat ek ken. 
Ons het heerlik in die hotel geeet, maar dis darem vreeslik duur. Ek snak elke keer na my asem as ek dit terugwerk Rand toe.

No comments:

Post a Comment