Wednesday, October 12, 2011

11 Oktober - Inkopies en die pad terug

Ek het heeltemal te veel jasse gekoop vir Suid Afrika wat nou somer toe gaan - maar alles hier is 30-50% af omdat die seisoen sluit. Dit is regtig goedkoop, so my arme familie kry almal jasse in die SA somer. Ek het selfs 'n nuwe sak gaan koop om als in SA te kry! 15:00 is ek uit die hotel om die tog aan te durf.

Die vlug terug is alweer 'n nagmerrie. 4.5 ure van Anchorage na Seattle, 2 ure op Seattle. Hier wen ek 'n uur. 5,5 ure Seattle  na Washington in 'n verskriklike vol vliegtuig, hier wen ek 3 ure. Nou sit ek op Washington - ek het 10 ure op die lughawe voor ek SA toe kan vertrek. Gelukkig kan ek in Lufthansa se business lounge sit - dis eintlik baie basies, maar ek kon darem stort. Dan wen ek my 6 ure terug SA toe. Soos ek hier sit het ek nog meer as 20 ure se reis voor.

In totaal gaan ek 10x opstyg en land ... ek dink nie ek reis ooit weer so ver so kort en oor soveel tydzones nie. Dis net te veel vir mens se sisteem.

10 Oktober 2011 vervolg

My Picasa album is hier











10 Oktober - Konferensie en vlieg

Doe oggend het ons gou eers weer konferensie bygewoon. Dis 'n verskriklike groot kongres wat baie wyd is, en ek wonder nogal of sulke kongresse werklik sinvol is. Dit hang seker maar af, ek dink mens se ingesteldheid moet wees om wye blootstelling te kry oor baie velde, mens moenie dink jy gaan spesialisinsette in jou veld kry nie. In die EA track was daar nie werklik iets nie, dit was maar hoofsaaklik word-in-progress. Niks oor ontologies iewers nie.

Daar was geweldig baie oosterlinge. Die IEEE word maar bietjie gedomineer tans deur hulle.  Ons het spesiaal gegaam omdat dit die IEEE SMCS kongres is, en ons die EA daarbinne wil groei. Dit gaan baie energie vat om dit van die grond af te kry.

Die vorige aand se 'reception' was regtig 'n 'disaster'. Daar was nie genoeg kos nie, nie genoeg sitplek nie, en mens moes jou eie drank alles koop (selfs koeldrank). Teen $8 'n klein glasie wyn en $6 'n bier, was dit effe belaglik. Selfs koeldrank het $4 gekos - die hotel het 'n fortuin gemaak. Op die ou einde was daar net tjips vir ons om te eet, en ons kon niks hoor nie, so ons het verkas en gaan uiteet. Dit was heerlik maar regtig duur. Ek het uiteindelik Alaskan Salmon geeet. Alles hier is duur, seker maar omdat dit so afgelee is. Mens kan nie eers chicken wings as voorgereg eet vir onder $15 nie, en dan het jy nog niks gedrink nie. Die hotel se ontbyt kos $18.50.

Die middag het Remzi-hulle vir ons 'n vliegtuigie gehuur en ons het vir 'n uur (dis al wat mens kan bekostig) oor die berge gevlieg. Dit was ongelooflik!

Die besigheidjie is 'n familiebesigheidjie en die Ma het ons met haar bussie by die hotel kom haal. In die bussie was 3 kinders en 'n hond, en dit was duidelik 'n gesinsvoertuig. Die mense was vreeslik gaaf. Ons vind toe uit hulle het 7 kinders, waarvan 2 'n tweeling is. Hulle lyk so identies, sy moet die een se hare anders sny as die ander om hulle uit te ken!

Hierdie vliegrit was een van die ongelooflikste ervarings nog! Die maatskappytjie se naam is 'Alaska Flightseeing and Chaters' by www.soundaviation.com.

Tuesday, October 11, 2011

Alta se blog is nou ook op datum

http://alta-in-alaska.blogspot.com/

9 Oktober - Werkswinkel

Die oggend het baie vroeg begin. Ons het John reeds 7am in die voorportaal gekry vir ontbyt. Hy is a Hilton fequent stayer so het ons genooi om saam met hom te gaan een in die President Suite. Redelike boring kos, maar ons kon darem goeie koffie en koue eiers eet. 8:30 is ons toe by ons lokaal vir die werkswinkel. Chaos!

Die konferensie se administrasie was regtig sleg. Daar was niemand wat geweet het wat aangaan nie en daar was net 'n paar verlore werkwinkelbywoners. Die projektors was nog nie opgestel nie, die kursusmateriaal was weg, die organiseerders het nog geslaap ... Uiteindelik het ons 'n uur laat begin met 'n baie entoesiastiese gehoor.

Dit is altyd 'n voorreg om na John te luister en na my en Alta se praatjies, het hy oorgeneem en die nuwe raamwerk se beginsels verduidelik. Ons het hom ook die vorige aand oortuig om al sy publikasies as tegniese verslae te publiseer op sy webblad. Op die manier kan mens ten minste daarna verwys, en hy was baie entoesiasties oor die idee. Dalk sal ons dit binnekort sien.

Dag 2 - 8 Oktober fotos

 Die toeristewinkeltjie by Portage het hierdie horings van 'n Moose uitgestal.
Alta by Portage

Aurona by Portage

Koffie, Reindeer Chilli en 'n Turkey sandwich

Dag 2 - 8 Oktober vervolg

Toe ons uiteindeik ons oe oopmaak in 'n Alaska-tydzone Saterdag, was ons verstom. Die uitsig van ons hotel is regtig mooi. Orals is berge met sneeu rondom ons. My kamer het 2 vensters met 'n baie mooi uitsig, ons is op die agste vloer.

Remzi-hulle het 'n kar gehuur en ons is toe die middag saam met hulle Portage Glacier toe. Die rit soontoe was regtig ongelooflik. Die berge vol sneeu, die mere, die bome met hul laaste herfsblare, dit lyk asof mens in 'n almanak ingestap het.

Ongelukkig is alles reeds toe na die toeristeseisoen hier in Alaska. Teen 15 September hou die toere op en die bootritte stop. Gewoonlik kan mens oor die meer na die gletser toe ry in 'n boot, maar dit is toe reeds toe. Ons het toe maar net iets geeet en van 'n afstand af die gletser beloer. Ons het duisende fotos uit die karvensters uit geneem, maar daar is regtig nie 'n manier dat so 'n foto regtig die mooi kan vasvang nie. Ons is so bevoorreg!

Terug by die hotel was ons tasse darem daar.  Dankie, dankie tog. Mens het darem dan skoon klere en handeroom, mens se laaiers en pajamas. Ons het toe maar dadelik ingeboek en begin werk.

Die aand het ons vir Oom John Zachman by die hotel gekry en bietjie vergader oor ons werkswinkel wat Sondag 8:30 afgeskop het. Oom John is een van die ongelooflikste mense wat ek ken. 
Ons het heerlik in die hotel geeet, maar dis darem vreeslik duur. Ek snak elke keer na my asem as ek dit terugwerk Rand toe.

Dag 2 - 8 Oktober

Uitsig uit my hotelkamer

uitsig uit my hotelkamer, anderkant toe
Nadat ons by die hotel ingeboek het, het ons koffie gemaak en gewonder oor kos en klere. Ons moes was wat ons aanhet want nugter weet wanneer ons uiteindelik ons tasse sou kry. Arme Alta was heeltemal deurmekaar. Die hotelontvangs het vir ons 'n 24h take away menu gegee en ons het nog gewonder of ons moet bestel. Iewers in Alta se doodmoechaos het sy gebel en kos bestel en daarvan vergeet. Ek het haar gevra of s bestel het, want sy het met iemand gepraat toe ek uit die bad klim, maar sy het iets gemompel van 'wie wag nou 'n uur vir kos'. Ons het toe gaan slaap.

DRIE (3am) Alaskatyd breek iemand toe Alta se deur af. Ek skrik my morsdood, en toe sy uiteindelik die deur oopkry staan daar 'n verdwaasde mannetjie met 3 sakke vol kos. Sy het 2 hero rolls vir elk van ons bestel, plus tjips en vreeslike slegte Root Beer koeldrank. Dit was vreeslik lekker, maar absurd baie kos op die snaakste tyd denkbaar! Alta kon nie eers onthou dat sy dit bestel het nie, en daar was geen manier dat ons eers een van daai hero rolls kon opeet nie!

Sunday, October 9, 2011

Alta se blog

Alta het ook begin blog - sien http://alta-in-alaska.blogspot.com/.

Die reis - 6,7 en 8 Oktober 2011

Ek het so gespook om alles gedoen te kry voor ek vertrek het, ek was omtrent flou toe ek uiteindelik 3pm vertrek na Alta. Thinus sou my net tot daar neem, maar besluit toe op die laaste oomblik om ons sommer lughawe toe te vat.

Na 'n lang gespook om ons in te boek, organiseer Alta toe dat ons in die business lounge inkom (genade, ek kort minder as 1000 myl om te kwalifiseer!). Gelukkig is ons albei se voorletters A J! Ons kon darem net bietjie asemhaal voor ons die vlug aanpak. Ons het 2 rye van heel agter gesit, maar in Dakar het mense darem afgeklim en het Alta die hee laaste ry in die middel geannekseer. Dit help darem as mens net so 'n klein bietjie spasie het.

In Dakar het hulle eers die hele vliegtuig deursoek. Ons moes kiertsregop met al ons bagasie op ons skoot sit en sekuriteit het al die lee sitplekke uitmekaar gehaal.  Daar is nie 'n kans om te slaap of iets nie, dis chaos. Daarna spuit hulle nog teen goggas, die nuwe bemanning kom aan boord, dan die nuwe pasassiers, en daarna kan mens weer opstyg. Gelukkig het dit redelik vinnig gegaan in ons geval. Blykbaar staan mens soms tot 3 ure!

Ons het 'n verskriklike tog gehad om in Alaska uit te kom. Johannesburg-Dakar, Dakar-Washington. Washington-Houston, Houston-Seattle, Seattle-Anchorage. Hoekom ons eers moes Houston toe, weet net ons reisagent. Dis malligheid! Houston is Suid van Washington - omtrent een van die mees Suid-oostelike stede. Seattle is Noord-wes. Ons moes regoor Amerika vlieg, van die Suid-ooste tot die Noord-weste. 7 ure!

Daar is nie woorde vir die moeg na 40 ure se reis oor tydzones en 5 vlugte later nie. Gelukkig het Remzi ons op die lughawe kom haal, ongelukkig het ons tasse in Seattle agtergebly.

Dit was reeds in die vroee oggendure van 8 Oktober en ons was doodhonger, maar te moeg om eers te gaan eet. Ons het vandag ons van SAL afgeklim het, nie eintlik geeet nie want dit kos 'n fortuin op die vlugte en mens se klok is so deurmekaar, mens weet nie of dit ontbyt of aandete is nie. Remzi het ons toe maar net by die hotel afgelaai en ons het ingeboek. Gelukkig kon ons twee kamers kry wat langsmekaar is maar met 'n deur tussenin. Dit werk nogal lekker.