Sunday, October 9, 2011

Die reis - 6,7 en 8 Oktober 2011

Ek het so gespook om alles gedoen te kry voor ek vertrek het, ek was omtrent flou toe ek uiteindelik 3pm vertrek na Alta. Thinus sou my net tot daar neem, maar besluit toe op die laaste oomblik om ons sommer lughawe toe te vat.

Na 'n lang gespook om ons in te boek, organiseer Alta toe dat ons in die business lounge inkom (genade, ek kort minder as 1000 myl om te kwalifiseer!). Gelukkig is ons albei se voorletters A J! Ons kon darem net bietjie asemhaal voor ons die vlug aanpak. Ons het 2 rye van heel agter gesit, maar in Dakar het mense darem afgeklim en het Alta die hee laaste ry in die middel geannekseer. Dit help darem as mens net so 'n klein bietjie spasie het.

In Dakar het hulle eers die hele vliegtuig deursoek. Ons moes kiertsregop met al ons bagasie op ons skoot sit en sekuriteit het al die lee sitplekke uitmekaar gehaal.  Daar is nie 'n kans om te slaap of iets nie, dis chaos. Daarna spuit hulle nog teen goggas, die nuwe bemanning kom aan boord, dan die nuwe pasassiers, en daarna kan mens weer opstyg. Gelukkig het dit redelik vinnig gegaan in ons geval. Blykbaar staan mens soms tot 3 ure!

Ons het 'n verskriklike tog gehad om in Alaska uit te kom. Johannesburg-Dakar, Dakar-Washington. Washington-Houston, Houston-Seattle, Seattle-Anchorage. Hoekom ons eers moes Houston toe, weet net ons reisagent. Dis malligheid! Houston is Suid van Washington - omtrent een van die mees Suid-oostelike stede. Seattle is Noord-wes. Ons moes regoor Amerika vlieg, van die Suid-ooste tot die Noord-weste. 7 ure!

Daar is nie woorde vir die moeg na 40 ure se reis oor tydzones en 5 vlugte later nie. Gelukkig het Remzi ons op die lughawe kom haal, ongelukkig het ons tasse in Seattle agtergebly.

Dit was reeds in die vroee oggendure van 8 Oktober en ons was doodhonger, maar te moeg om eers te gaan eet. Ons het vandag ons van SAL afgeklim het, nie eintlik geeet nie want dit kos 'n fortuin op die vlugte en mens se klok is so deurmekaar, mens weet nie of dit ontbyt of aandete is nie. Remzi het ons toe maar net by die hotel afgelaai en ons het ingeboek. Gelukkig kon ons twee kamers kry wat langsmekaar is maar met 'n deur tussenin. Dit werk nogal lekker.

No comments:

Post a Comment