Wednesday, October 12, 2011

10 Oktober - Konferensie en vlieg

Doe oggend het ons gou eers weer konferensie bygewoon. Dis 'n verskriklike groot kongres wat baie wyd is, en ek wonder nogal of sulke kongresse werklik sinvol is. Dit hang seker maar af, ek dink mens se ingesteldheid moet wees om wye blootstelling te kry oor baie velde, mens moenie dink jy gaan spesialisinsette in jou veld kry nie. In die EA track was daar nie werklik iets nie, dit was maar hoofsaaklik word-in-progress. Niks oor ontologies iewers nie.

Daar was geweldig baie oosterlinge. Die IEEE word maar bietjie gedomineer tans deur hulle.  Ons het spesiaal gegaam omdat dit die IEEE SMCS kongres is, en ons die EA daarbinne wil groei. Dit gaan baie energie vat om dit van die grond af te kry.

Die vorige aand se 'reception' was regtig 'n 'disaster'. Daar was nie genoeg kos nie, nie genoeg sitplek nie, en mens moes jou eie drank alles koop (selfs koeldrank). Teen $8 'n klein glasie wyn en $6 'n bier, was dit effe belaglik. Selfs koeldrank het $4 gekos - die hotel het 'n fortuin gemaak. Op die ou einde was daar net tjips vir ons om te eet, en ons kon niks hoor nie, so ons het verkas en gaan uiteet. Dit was heerlik maar regtig duur. Ek het uiteindelik Alaskan Salmon geeet. Alles hier is duur, seker maar omdat dit so afgelee is. Mens kan nie eers chicken wings as voorgereg eet vir onder $15 nie, en dan het jy nog niks gedrink nie. Die hotel se ontbyt kos $18.50.

Die middag het Remzi-hulle vir ons 'n vliegtuigie gehuur en ons het vir 'n uur (dis al wat mens kan bekostig) oor die berge gevlieg. Dit was ongelooflik!

Die besigheidjie is 'n familiebesigheidjie en die Ma het ons met haar bussie by die hotel kom haal. In die bussie was 3 kinders en 'n hond, en dit was duidelik 'n gesinsvoertuig. Die mense was vreeslik gaaf. Ons vind toe uit hulle het 7 kinders, waarvan 2 'n tweeling is. Hulle lyk so identies, sy moet die een se hare anders sny as die ander om hulle uit te ken!

Hierdie vliegrit was een van die ongelooflikste ervarings nog! Die maatskappytjie se naam is 'Alaska Flightseeing and Chaters' by www.soundaviation.com.

No comments:

Post a Comment